Die ware definisie van Ysterballas

Hierdie gaan oor my beste vriend, Cofe. Sommige van julle ken hom as Rohan. Noudat ek daaraan dink, niemand lees anyways hierdie blog nie, so laat ek maar hou by die naam Cofe.

Ons het al ‘n lang pad saamgestap, en die figuurlike sakke sout opgevreet, maar meer oor daardie geskiedenis in ‘n volgende post.

Nou ja, kom ek gee bietjie agtergrond oor Cofe: hy is ‘n regte IT man, die tipe wat gefrustreerd raak as iemand nie in sy vuur krap nie. Hy sal nie eers 5 spelers uit ‘n Springbokspan kan opnoem nie. Hy dra permanent corduroy klere (wat hy by die salvation army in London gekoop het). Gewone mense het ‘n CD Shuttle – Cofe het ‘n iPod in sy kar. En toe sleep Eldre hom na die Namib woestyn toe.

‘n Baie snaakse man het teruggekom van daardie trippie af: ‘n ou wat ewe skielik dink khaki is die mode-gier van die eeu, en wat hulle “stasiewa” (VW Touran) net daar inruil vir ‘n Fortuner 4×4. Ek herken hom skaars, maar ek laaik wat ek sien. Iewers langs die pad begin hy spog dat hy ysterballas het en ek dink die gier sal seer-sekerlik verbygaan soos meeste van sy vorige giere. Maar dit klou vas aan hom, en hy word ‘n MAN:

Matroosberg, Junie 2008: Cofe oortuig ons dat dit peanuts is om in die sneeu te gaan 4×4, en daar neuk ons deur Matroosberg toe. Alles verloop seepglad (pun intended) tot by die laaste bult voor mens die lookout point bereik. Cofe ry op en gly agtertoe – reguit na die afgrond toe. Ek beskou die storie en maak net daar my eerste stel onderklere vuil – dis so naby aan bliksem aan ‘n vloekwoord of hy was daar af. Eldre, sy vrou, besluit daar is nie ‘n manier sy ry saam nie, en net daar klim sy uit. Nou, tot Cofe se verdediging, hy het het die stock standard Fortuner bande aan wat eintlik bedoel is vir die teerpad. En daar sit hy, man-alleen, geen omdraaiplek nie en hy moet envoudig vorentoe. Met die 4de probeerslag is hy toe by die bult uit. Alleen. Na die tyd bekyk ek sy sitplek: Nie ‘n kakstreep in sig nie. En dis net daar waar hy sy linker ysterbal verdien.

Augustus 2008. Cofe bedank. Hy het ‘n moer goeie werk met die normale voordele, maar besef dis nie wat hy wil doen nie, en bedank sodat hy sy droom kan navolg van sy besigheid hê. Hoveel van ons haat ons werk maar doen niks daaraan nie? Nie hierdie man nie, vir hom is dit “alles of niks”. En dis die regter ysterbal.

Nag ou grote.

8 Responses to “Die ware definisie van Ysterballas”

  1. lankkiff Says:

    Weet jy. Ek is stomgeslaan oor die post.

    Ek dink die ou met die ware ysterballas is die ou wat kan skryf, vir die wêreld om te lees, oor hoe hy sy beste vriend respekteer.

    Dis beslis nie enige ou wat dit kan doen nie, ek dink nou daar is baie min mense wat ek ken wat dit kan doen.

    Stomgeslaan my bra. Stomgeslaan.

    Soos ‘n Colt Turbo.

  2. lankkiff Says:

    O ja. Onthou dat ek jou die wondere van RSS Feeds vertel. Joune is by http://hugo406.wordpress.com/feed.

  3. lankkiff Says:

    En ‘n laaste ding.

    Ek hoor jou, dat jou blog vernoem is na ‘n 4.0l V6 Jeep, maar ek weet dis eintlik vernoem na ‘n 4.0l V6 Toyota. een van daai’s wat sukkel om oor hobbels op grondpaaie te ry.

  4. Hugo Says:

    Baie mooi geskryf SB! En alles is waar.

  5. hugo406 Says:

    Dankie SS – verstaan nie mooi hoekom jy onder my naam ‘n comment lewer nie…..sal dit maar afskryf as ‘n Maandag ding…

    Cofe, ek hoor jou comment, maar ek vernoem my blog net na ‘n regte 4×4…!

  6. Gianna5 Says:

    Wow, wat ‘n mooi getuigskrif vir jou vriend. Mooi geskryf Hugo.

  7. hugo406 Says:

    Dankie Ma Jana

    Dis altyd maklik om te skryf oor die waarheid!!

  8. Nikita Says:

    Ek het hier uitgekom deur ‘n “track” van my blog…nice inskrywing :)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.